Nuut Bygevoeg:
Afkondigings 2014/3/16
Wierdafokus 2014/3/11

Vakatures en advertensies
Jaarprogram 2014
Alfred en Belinda Blog
Petros 3, 2013


Kontak Besonderhede
Kantoor:

Epos: kantoor@ngwps.co.za
Marié v Rooyen: 012 653 2280x1
Epos: admin@ngwps.co.za
Faks: 086 682 5862

Admin:
Elsa Mostert  : 012 653 7212
Epos: kantoor@ngwps.co.za

Leraars:
Ds. Gideon Roets:
012 653 3569/082446 4678
dsgideon@ngwps.co.za
Ds. Joe Jv Rensburg:

072 735 8811 
dsjoe@ngwps.co.za
Dr Ockie Raubenheimer

076 155 0929
drockie@ngwps.co.za

nog epos adresse...

Teken in op ons Nuusbrief

Om in te skryf op die Wierdafokus, sleutel jou epos adres hier in.

...welkom

Oktobermaand-in-Suid
 Kalender - Januarie

Weeklikse Nuusbrief




Het jy 'n behoefte? Laat weet ons...
      * Gebedsversoek?
      * Huisbesoek?
      * Iets wat pla?
      * Ek wil help!
      * Ek wil weet!

              >>KLIK HIER<<


Spreekkamer
Daar is ‘n besondere behoefte by van die lidmate om met die leraars kontak te maak. Al drie die predikante gaan weekliks op ‘n vaste tyd in die spreekkamer by die Jeuglokaal beskikbaar wees.
Ds. Johan Jv Rensburg:
Maandae – 12:00 - 16:00 en Donderdae – 13:00 - 16:00
Ds. Gideon Roets:
Dinsdae – 16:00 - 19:00

(Kontak leraars persoonlik vir ‘n afspraak)

Het jy 'n voorstel?

Wil jy iets voorstel? Stuur dit na voorstelle@ngwps.co.za


GemeenteKamp

Kom geniet ‘n lekker naweek saam in die Bosveld. Kampplekke asook kamers met 2 enkelbeddens per kamer en eie badkamer is beskikbaar indien jy nie in ‘n tent of karavaan wil slaap nie. Seniors is ook baie welkom. Onderdak warm swembad asook koue swembad is beskikbaar. Stap of ry fiets op die wildsplaas of geniet ‘n wildrit teen minimale koste. Die program vir oud en jonk sal later bekendgemaak word vir vrywillige deelname. Die naweek word afgesluit met ‘n erediens Sondagoggend onder die lapa.


Tienerkersdiens

Hoërskool Centurion se koor en ons eie "Band" het die Kersdiens spesiaal gemaak.


Senior Aksiegroep Uitreik na Rusoord - 23 Oktober 2013
Ons het as n groep gewapen met die lekkerste eetgoed vir Rusoord se inwoners gaan kuier en lekker saam verkeer.

Foto 1 Een van ons Seniors Marie Thiebaut dra lekker eetgoed aan.

Foto 2 Ena Castelyn kuier saam met n groepie inwoners.

Foto 3 Ria Ferreira ontdek n lang verlore vriendin en die blydskap was groot.

Foto 4 Meeste inwoners verfraai hul voordeur om dit vir hulle meer huislik te maak hier is n voorbeeld van Tannie Beukes se deur.


Klank en data personeel benodig

Ons benodig klank en data personeel. Stel jy belang om te help met die klank en/of data tydens die eredienste? Kontak die kantoor by 012 653 2280 indien jy kan help.
(Opleiding sal verskaf word.)


'n Ander KK&K
(Kerkkamp 2013)

Ons was by ‘n ander KK&K en ons s’n was ook GROOT. Ja, 18 – 20 Oktober 2013 het 15 gesinne by Umoya buite Warmbad ge-Kerk, Kamp & Kuier.

Lees berig - kyk foto's


Groeigroepe

Wil jy by 'n groeigroep aansluit? Of dalk een begin? Hier is die lys van Groeigroepe en die geografiese gebiede.


Paetzolds: Nuusbrief 12 September 2013


Liewe vriende
Hierdie naweek kom 23 kinders van mede-sendelinge na ons huis toe vir Boskamp! Dis iets tussen veldskool en ’n outydse Voortrekker kamp en baie pret! Bid asb saam dat die kinders dit sal geniet en dat...
Lees meer


'n Warm Pinocchio Dankie

Liewe Kategeet,
Ons kon verlede Dinsdag vir die maatjies van Pinocchio hulle sakke aflaai en dit was met groot gejuig en wardering ontvang. Ietsie lekkers om na uitsien met huis toe gaan tyd! Ons wil graag dankie se vir elke kategeet se bereidwilligheid en omgee vir die projek deur die jaar. Ons het aflaai:

• Sakke, gevul met blikkies kos, lekkers en party 'n kledingstuk of twee

• Nuwe komberse wat geskenk is

• Spar het weereens hul harte vir ons oopgemaak met 'n donasie van onder meer vars groente,vrugte,rys, pap,olie en lekkernye vir die skool self. 'n Hele bakkie vrag vol!

Foto's: (Klik om te vergroot)


Jeug: Uitreik na Olievenhoutbosch

NG-Kerk Wierdapark-Suid het op Saterdag 24 Augustus 2013 uitgereik na die Blou Skool in Olievenhoutbosch. Die laerskoolkinders was bederf met ‘n springkasteel en lekker worsbroodjies.
Lees meer

Foto's: (Klik om te vergroot)



Soek jy na iets wat vantevore op hierdie bladsy was? Na verloop van tyd skuif die berigte na die relevante bedieninge se bladsy. Indien die berig nie onder 'n bediening inpas nie skuif dit na die vorige gebeure bladsy.

 






Gasvryheidbediening
Enige iemand wat belangstel om deel te word van Gasvryheid, kontak asb vir Rina 083 9518 148 of rina@sims-sa.co.za
Dit is die dames wat net doen waarvoor hulle op die aarde gestel is: Hulle gesels!!! Met nuwe gesigte by die eredienste en met gereelde gesigte by die eredienste!!!

40 Dae van Doelgerigte Lewe