Wie is ons: 
Ichtus is ‘n groep jongmense wat elke Dinsdag aand om 19:00 by die kerk bemekaar kom. Hier kom jongemense tussen die ouderdomme van 19- 30 jaar (getroud en ongetroud) bymekaar om op ‘n sosiale vlak mekaar beter te leer ken en lewenslange vriende te maak. Elke byeenkoms het ons ook ‘n geestelike deel waar ons aktuele sake aanraak wat elke jongmens se lewe beinvloed.
Ons behandel ‘n Bybelstudie boek en bespreek die vrae, daarna het ons ‘n lekker FUN “tema” vir die aand soos: Fondue aande, bordspeletjie aande, Dvd aande, Tenpin bowling ens.
Ons as Ichtus help ook graag by kerk aktiwiteite en het ook lang termyn uitreik geleenthede, soos ons betrokkenheid by Unitas, komberse uitdeel en vele meer.
Ons is ‘n groep wat opgewonde is om nuwe mense te ontmoet en te betrek by dit wat ons doen.
As jy ‘n behoefte het om mense te ontmoet, baie fun te hê, geestelik te groei en om betrokke te raak by die gemeenskap is Ichtus die plek om te wees, ons sien uit om jou te ontmoet en te leer ken.
Vir meer inligting kontak:
Johan: 072 735 8811
e-mail: joejvr@gmail.com





