Tienerbediening

Die Gr.7 tor Gr.12 Jeug vorm deel van die Tienergroep wat Sondae aande 17:30 as groot groep vergader om saam met ons band te aanbid en te luister na ‘n diens waarmee hulle hul kan vereenselwig as ‘n Christen Tiener
Met ons hele Tienerbediening mik ons op jongmense wat `n plek soek om te behoort en om ‘n verskil in God se koninkryk te kan wees.
NG Wierdapark-Suid asook die plek waar jongmense met hulle eie portuurgroepe oor die Here kan gesels en oor al die issues wat jongmense in vandag se tyd beleef.
In ons bediening is ons verhoudings wat ons as jongmense met mekaar het van kardinale belang om ons Christenskap “onbeskaamd” uit te lewe elke dag.
Ons Fasiliteerders kom 16:30 in die Jeugsentrum bymekaar, waar ons die les bespreek wat ons in die kleingroepe gaan behandel.
Die belydenisklas kom 16:30 in die Popcorn-saal bymekaar wat deur Dr. Michiel van der Merwe gelei word. Kontak: 082 462 3529
Sondae Tye.
(17:30-18:30) Jeugdiens in die saal.
(18:30-19:00) Kleingroep bespreking oor die diens met behulp van goeie materiaal “Die Weg”word met hulle deurgewerk.
(19:00-19:30) Volg ‘n lekker kuier met koffie, tee, hot-chocolate en verversings.
In die jaar beplan ons “GREAT” goed soos:
- Kampe
- Uitreik geleenthede
- Fliek aande
- LAN naweke
- Baie sosiale geleenthede
- Lofprysing aande
- Battle of the Bands
- En nog baie meer….
Kom gerus, wees jouself en beleef elkeen saam in Christus.
Kontak besonderhede:
Ds. Gideon Roets (leraar) - 0824464678
Johan J v Rensburg (Jeugwerker) – 0727358811
Marlize Visagie (Jeugadmin)– 012 653 2280 x3
Join ons op Facebook: www.facebook.com/group.php