Ons kom as “grootgroep” (4-6 jariges) bymekaar en sing lekker liedjies saam en hoor bietjie hoe gaan dit met ons kinders en wat het alles met hulle in die week gebeur.

Hierna volg 20 minute se grootgroepbelewing waar die boodskap oorgedra word met kindgerigte materiaal, hulpmiddels en musiek (Hier het ons heerlike dramas, poppekas, video`s en nog baie meer!).

Na die boodskap verdeel die kinders in kleingroepe van maksimum 5 kinders per groep waar die boodskap vir die laaste 30 minute van die oggend versterk word met pret en sosialisering. `n Vertrouensverhouding word hier tussen kinderbediener en kind gevorm op informele wyse.

Ouerbetrokkenheid speel `n onmisbare rol. Ouers is welkom om die grootgroep-aanbiedinge by te woon. Gesprekvoering met die kategete na afloop van die kleingroep, word ook aangemoedig. Weeklikse sms-boodskappe sal ouers op hoogte hou van die lesinhoud en bemagtig ouers om die inligting te versterk by die huis.

Elke persoon in ons gemeente, ouers sowel as kinders, kan `n plek kry om betrokke te wees en hulle gawes uit te leef. Ons vertrou dat die bediening tot eer van die Here sal wees.

 
 
Tel: 012 653 2195
E-mail: ngwpsjeug@mweb.co.za
Design by RedNinja Design Studio