Nuut Bygevoeg:
Afkondigings 19 Februarie
Wierdafokus 20 Februarie
Kalender 2012
Alfred en Belinda Blog
Gesinsbediening Vraelys

Kontak Besonderhede
Kantoor:
Minnie Watkins: 012 653 2280x2
Marié v Rooyen: 012 653 2280x1

Jeugadmin:
Marlize : 012 653 7212

Faks: 086 682 5862/012 653 2195

Leraars:
Ds Cassie: 012 653 2279
Dr Michiel: 012 653 4006
Ds Gideon: 012 653 3569
Jeugwerker:
Johan JvRensburg: 
072 735 8811 

Teken in op ons Nuusbrief

Om in te skryf op die Wierdafokus, sleutel jou epos adres hier in.

...omgeegroepe


Omgeegroepe - ondersteun, bemoedig, wees daar vir mekaar.

>> Sluit aanlyn aan by `n omgeegroep! <<
Tans het ons gemeente meer as 1300 besoekpunte, ongeveer 2500 belydende- en meer as 100 dooplidmate en daagliks word nuwe intrekkers bygevoeg. Daar is wegbeweeg van die wykstelsel na `n blokstelsel met wyksleiers en `n verkleinde kerkraad.

Omgeegroepe groei vinnig en speel `n belangrike rol. Die gemeente het `n jaarlikse omset van R3miljoen, waarvan elke sent aangewend word vir die uitbreiding van Sy Koninkryk. Dankoffers word by wyse van aftrekorders en koevertjies opgeneem.

KANSA (Kankerondersteuningsgroep)
Plaaslik is daar `n ondersteuningsgroep vir pasiënte en belangstellendes.
Ons ondersteun jaarliks die "cup-for-cancer" projek.
Ons is betrokke by meubilering van Tipuana, Pretoria (tuiste vir kanker-pasiënte).
Bybelstudie-boek vanuit werk uit ons gemeente is gepubliseer (Lux Verbi).
Gee om deur op hoogte te hou van alle kanker-pasiënte in die omgewing en deur die "Cup-for-cancer"-projek te ondersteun deur `n blikkie te neem (3e kwartaal).

Danville Sopprojek
Ons voordien jaarliks meer as 1000 liter gevriesde sop. Dit word by plaaslike skole in Danville-omgewing aan behoeftige kinders versprei.
Gee om deur gevriesde sop te help maak of bestandele of bydraes te skenk.

Alimentasie (Hulpverlening aan behoeftiges) Ons het gereeld gesinne in ons gemeente wat ons materieel moet help.
Gee om deur ons op hoogte te hou van werklike behoeftige gevalle.

Rusoord
Lidmate kan `n bepaalde bejaarde "aanneem" deur te help met algemene hulp. Ortopediese hulpmiddels is beskikbaar vir tuisgebruik.
Daar is `n gemeenskapsdiens beskikbaar sodat bejaardes tuis versorg kan word.
Ons ondersteun hul met hul gemeenskapsfunksies deur bydraes/produkte te lewer.
Verskeie bejaardes is al op kort kennisgewing deur Rusoord opgeneem.
Ons gee om deur `n bejaarde "aan te neem".

Seniors
Die gemeente beskik oor `n groep wat weekliks byeenkom.
In ons gemeente is daar ongeveer 250 (uit sowat 3800) lidmate 60 jaar en ouer.
Programsamestelling: Bybelstudie, besprekings, uitstappies en kliniekdienste.
Gee om deur seniors in die gemeente te help om hierdie byeenkomste by te woon.

Siekebesoek ( >>Pamflet<< )
Die behoete bestaan om (veral) langtermyn pasiënte sinvol te ondersteun.
Gee om deur jou te laat oplei vir sodanige pastorale ondersteuning.

CMR (Christelike Maatskaplike Raad)
Ons maatskaplike werker is Mev Cilia Slabert. Verskeie professionele dienste, bv aannemings en pleegsorg word aangebied.
Gee om deur ter saaklike inligting/gevalle aan haar bekend te maak.
>> Meer oor die CMR <<

Omgee-bediening in Wierdapark-Suid
Ons het `n jaarlikse omset van R3miljoen (alles donasies). Die hoeveelheid produkte en praktiese/emosionele ondersteuning is "onberekenbaar".
Ons gemeente is dmv Beeld-kinderfonds ook betrokke by barmhartigheidsdiens.
Gee om deur hulp aan te bied en/of bydraes te maak vir hierdie dienste.(Deel van u maandelikse bydrae kan gespesifiseer word).
Vir meer inligting kontak Ds Gideon by (012)653 3569 of Dr Michiel by (012)653 4006.


"Dra mekaar se laste en gee op hierdie manier uitvoering aan die wet van Christus"(Gal. 6:2)
CAD (Christelike Afhanklikheidsdiens)
`n Ondersteuningsgroep vir persone (en hul families) met `n afhanklikheidsprobleem.

Jakaranda-Kinderhuis
Ons gemeente is betrokke by `n huis met 13 tienerdogters (9-18 jaar oud).
Gee om: Word `n omgee ouer deur jouself met `n spesifieke kind te verbind.

Reddingsdaad
Reddingsdaad help werklose mense om weer op die voete te kom.